Een van die mooiste en mees spesialste dae van julle lewe wag op julle en ons almal by Jonkersdam – personeel en diensverskaffers – is gereed om julle mooiste dag, van beplanning tot uitvoering, seepglad te laat verloop. Begin julle lewensreis saam deur terug te sit, ontspan en elke sekond van hierdie mooi dag te geniet.
Ons bied ‘n pragtige klipkapel met ‘n ongelooflike uitsig oor die dam wat die regte atmosfeer skep om ewige trou te beloof. Ons onthaalsaal is lekker ruim en daar is beslis plek vir ‘n lekker dansvloer. Goeie musiek daarby en ons smullekker disse sal verseker dat die vreugdesvure tot laat in die nag in brand en al jul gaste julle spesiale dag onthou!


