Welkom by Jonkersdam!

Die asemrowende sonsondergang,  rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer om jou siel te voed, dalk lekker vis te vang, die swembarea te geniet en om kwaliteit tyd saam jou geliefdes deur te bring.

Net ’n rapsie meer as twee ure se ry van Johannesburg af, lê Jonkersdam Oord teenaan die R50-pad, so 15 km vanaf Standerton en net ‘n klipgooi vanaf Secunda.

Ons het tans 8 chalets vir selfsorgakkommodasie met ‘n braai -en opwas area beskibaar vir gaste wat in die chalets bly.

Ons kampeergeriewe is veral gewild met sekere kampeerstaanplekke onder skaduryke bome, kragpunte en ‘n braaier by elke staanplek. Daar is ook netjiese en skoon opwas- en ablusiefasiliteite.

Jonkersdam is ook perfek vir jou sprokiestroue met alles op een terrein, ons eie klipkapel met ‘n pragtige uitsig oor die dam en die perfekte huweliksonthaal.

Fasiliteite

Koue buiteswembad
4
Speelraam vir kinders
speelraam
Visvang
visvang
'n Gelisensieerde kroeg
kroeg
background

Jou ideale wegbreek

Die ideale plek vir familie naweke en vakansies.
Ons bied 'n atmosfeer waar besoekers kan ontspan.

 

Accommodation in StandertonJonkersdam Resort is an Afristay Valued Member