Ons poog om te alle tye vir al ons gaste ‘n veilige, rustige vakansieomgewing te skep waar gaste ontspan en mekaar se behoeftes respekteer. Om hierdie aangename ervaring te verseker, is daar sekere reëls by Jonkersdam wat insluit:

Vinnige Wegbreek
As gaste wat wil visvang vroeër toegang tot die oord verlang MOET u versoek vooraf met die oord se bestuur gereël word.


- Omdat ons oord net ’n beperkte aantal besoekers kan toelaat word dagbesoekers tydens langnaweke, skoolvakansies en Kersfees beperk om genoegsame spasie en beskibaarheid van fasiliteite aan elke gas te verseker. Voorafbesprekings is noodsaaklik gedurende hierdie tydperke.
- Geen drank of glas by die swembad.
- Geen dronkenskap.
- Geen busse met besoekers wat nie vooraf reëlings tref nie.
- Geen harde musiek.
Gaste wat oorslaap by die oord se familie en vriende mag hulle as dagbesoekers besoek, maar dis noodsaaklik om vooraf reëlings te tref by ontvangs.
Daar is ‘n dagbesoekerstarief betaalbaar.
Dagbesoekerstarief
Volwassene (12 jaar en ouer): R50 per persoon | Kinders (onder 12 jaar): R25 per persoon | Kinders (onder 2 jaar): Gratis